180 vas oor Standard Bank-bedrog
180 vas oor Standard Bank-bedrog

180 vas oor Standard Bank-bedrog

Altesame 180 mense is al in hegtenis geneem ná ’n bedrogsaak waarin Standard Bank R300 miljoen verloor het, sê Ross Linstrom, ’n woordvoerder van dié bank.

Hy wou nie antwoord op vrae oor of enige van die mense wat in hegtenis geneem is werknemers van Standard Bank is en of die bank enige van die geld teruggekry het nie.

Die misdaad het in Mei verlede jaar aan die lig gekom.

Vervalste bankkaarte is gebruik om kontant by kitsbanke in Tokio, Japan, te onttrek.

’n Nuuswebblad in Japan, The Japan News, het destyds berig meer as 100 mense het die geld in die Japanse hoofstad en 16 omliggende distrikte met sowat 1 600 vervalste kredietkaarte getrek. Die limiet by kitsbanke is ¥100 000 (sowat R13 000) en daar was glo meer as 14 000 transaksies.

Standard Bank sê daar was geen verliese vir enige kliënte nie, maar swyg sedertdien oor die besonderhede van die saak. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-10-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer