18 uit 115 weefselmonsters toets positief vir Covid-19
18 uit 115 weefselmonsters toets positief vir Covid-19

18 uit 115 weefselmonsters toets positief vir Covid-19

Henriette Lamprecht
Uit 115 weefselmonsters wat getoets is, het 18 positief vir Covid-19 getoets. Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjange, sluit die 14 mans en vier vroue in. Die jongste is 21 jaar oud en die oudste 69 jaar oud.

Uit die 18 nuwe gevalle is sewe in Oshakati, vier in Windhoek, twee in Engela en een elk in onderskeidelik Okahao, Outapi, Karasburg en Opuwo aangeteken. Vier van die gevalle in Oshakati is gevangenes van die tronk op Oluno.

Volgens Muinjangue het nog 103 mense herstel wat die totaal op 11 304 vir die land te staan bring. Dit sluit 76 in Oshana, 20 in Khomas, drie in //Kharas, twee in Omusati, een in Kunene en een in Omahake in.

Die aktiewe gevalle staan tans op 1 593 waarvan drie baie ernstig is. Laasgenoemde gevalle is almal in die Khomasstreek. Tot op hede is 129 317 weefselmonsters getoets, 7 110 kontakte word gemonitor en 505 mense is tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land. Die Covid-19-verwante sterftes vir die land staan op 133.

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer