18 sterftes, 214 nuwe gevalle
18 sterftes, 214 nuwe gevalle

18 sterftes, 214 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftes styg met 18 tot 3 244. Die meeste was in Oshakati met sewe sterftes, gevolg deur Outapi met vyf en Windhoek, Engela, Gobabis, Oshikuku, Tsandi en Onandjokwe met een sterfte elk. Een in Outapi was 'n tuissterfte, terwyl nog een met aankoms by die hospitaal gesterf het.
Gister is 214 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 14%. Die meeste gevalle is in //Kharas aangemeld (18%), gevolg deur Omusati met 16%. Onder die gevalle is 29 leerlinge, vyf onderwysers, drie studente en drie gesondheidswerkers. Ses persone (3%) het net een dosis van die entstof ontvang.
Tans is daar 10 009 aktiewe gevalle waarvan 300 in die hospitaal en 40 in die ICU is. Tot op hede het 180 324 hul eerste dosis entstof ontvang, terwyl 65 556 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 89%.



Kommentaar

Republikein 2025-08-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer