172 nuwe gevalle, vyf sterftes
Die aantal Covid-19-verwante sterftes styg met nog vyf - drie in Gobabis en twee in Mariental - tot 723. Vandag is 172 nuwe gevalle aangemeld waarvan 18 leerlinge, sewe studente, vier onderwysers en nege gesondheidswerkers is. Die aktiewe gevalle staan tans op 2 301 waarvan 218 in die hospitaal en 56 in die ICU is. Tot op hede het 48 355 (94%) gevalle herstel en is 50 784 mense teen Covid-19 ingeënt.
Tans is 967 mense in kwarantyn en word 2 714 kontakte gemonitor.
Tans is 967 mense in kwarantyn en word 2 714 kontakte gemonitor.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie