172 nuwe gevalle, 11 baie ernstig, vier kritiek
172 nuwe gevalle, 11 baie ernstig, vier kritiek

172 nuwe gevalle, 11 baie ernstig, vier kritiek

Henriette Lamprecht
Uit 1 245 weefselmonsters wat getoets is, was 172 (14%) positief vir Covid-19. Uit die nuwe gevalle is 95 in Windhoek. Dit sluit ses studente, twee onderwysers en een gesondheidswerker. In die Karasburg-distrik is 27 werkers van Aussenkehr en een gesondheidswerker. Vyf werkers uit die visbedryf op Lüderitz het positief getoets, asook twee leerlinge van onderskeidelik Outapi en Oshakati.

Buiten die 95 in Windhoek is 29 in Karasburg, 14 in Lüderitz, tien in Walvisbaai, een in Swakopmund, agt in Opuwo, vier in Gobabis en een in Engela positief.

Nog 250 mense het herstel waarvan 236 in Khomas, vyf elk in onderskeidelik Erongo en Ohangwena, twee in //Kharas en een elk in onderskeidelik Omaheke en Oshakati.

Uit die 1 524 aktiewe gevalle is 15 baie ernstig of kritiek. Dit sluit 11 baie ernstige en drie kritieke gevalle in Khomas en een kritieke geval in Erongo in.

Tot op hede is 174 200 weefselmonsters getoets, 3 436 kontakte word gemonitor, die Covid-19-verwante sterftesyfer staan op 160 en 651 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer