17 leerlinge, twee gesondheidswerkers toets positief
17 leerlinge, twee gesondheidswerkers toets positief

17 leerlinge, twee gesondheidswerkers toets positief

Henriette Lamprecht
Sewentien leerlinge en twee gesondheidswerkers is onder die 61 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag aangekondig is. Die nuwe gevalle sluit ook nege werknemers uit die visbedryf op Lüderitz in.

Uit die 61 nuwe gevalle is 31 mans en 30 vroue. Die ouderdomme wissel van twee jaar tot 62 jaar.

Die gevalle sluit 18 in Windhoek, 16 in Lüderitz, een in Keetmanshoop, vyf in Omaruru, twee elk in onderskeidelik Swakopmund en Walvisbaai, vyf in Gobabis, vier elk in onderskeidelik Otjiwarongo en Rehoboth, drie in Oshakati en een in Rundu in.

Nog 97 mense het herstel wat die totaal op 13 697 te staan bring. Dit sluit 46 in Oshana, 21 in //Kharas, 16 in Khomas, nege in Erongo, vier in Omaheke en een in Ohangwena in.

Die aktiewe gevalle staan nou op 626 waarvan agt baie ernstig of kritiek is. Dit sluit drie baie ernstige en vier kritieke gevalle in Khomas en een kritieke geval in Erongo in.

Tot op hede is 158 582 weefselmonsters getoets, 3 285 kontakte word gemonitor en 519 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2025-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer