17 jaar tronkstraf vir partytjieskieter
Landdros sê moord verg swaar straf
Jacqueline Louw - Landdros Sarel Jacobs het Vrydag die 30-jarige Jackson Panduleni Absalom tot 17 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die skietvoorval op 9 Februarie 2013 waartydens hy die 33-jarige Tobias Abisai in Okuryangava in Windhoek doodgeskiet het.
Jacobs het in sy uitspraak gesê die hof moet die omstandighede van elke saak oorweeg in die vasstelling van ’n toepaslike straf en of die hoofdoel van die straf is om as ’n afskrikmiddel, voorkoming of rehabilitasie te dien. Versagtende en verswarende omstandighede word ook in die vonnisopleggingsproses oorweeg.
“Daar is geen twyfel nie dat moord in enige vorm ’n ernstige misdaad bly wat gewoonlik ’n swaar straf verg. ’n Persoon het sy lewe verloor as gevolg van die optrede van die beskuldigde. ’n Vuurwapen is in die uitvoering van die misdaad gebruik en dit is ongelukkig dat geweld deur die gebruik van vuurwapens die afgelope tyd blyk aan die toeneem is. ’n Duidelike boodskap moet aan die groter gemeenskap gebring word dat om jou na geweld te wend, veral met vuurwapens, nie geduld sal word nie,” is in die uitspraak gesê.
Jacobs het verder genoem ’n vonnis moet opgelê word om die erns van die misdaad te wys en die afkeur van die gemeenskap te beklemtoon asook om as ’n waarskuwing vir ander te dien.
Prokureur Afrika Jantjies het namens Absalom gepleit dat hy die vader van twee minderjarige kinders is en ook broers en susters het wat hy moet onderhou. Indien hy gevangenisstraf opgelê word, sal sy familie nie in staat wees om vir hulself te sorg nie. Die landdros het egter genoem dat simpatie vir die familie nie in die weg moet staan van die oplê van ’n vonnis wat in die belang van die gereg en die samelewing is nie. “Die beskuldigde, ’n broodwinner, moes geweet het dat hy die welstand van sy familie in gevaar stel toe hy die misdaad gepleeg het,” het Jacobs gesê.
Die landdros het ook die aspek van morele blaam in sy uitspraak aangeroer en tot die slotsom gekom dat die beskuldigde met opset gehandel het toe hy vir Abisai geskiet het. Hy het die vuurwapen saam met hom geneem na ’n openbare plek waar ’n partytjie was en hy was bewus daarvan dat hy in die besit van ’n gevaarlike wapen was.
Absalom het sonder enige rede ’n waarskuwingskoot in die lug afgetrek terwyl hy na die ingang gehardloop het en die oorledene, wat ongewapen was en geen bedreiging vir hom was nie, in die bors geskiet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie