165 nuwe gevalle, drie sterftes
165 nuwe gevalle, drie sterftes

165 nuwe gevalle, drie sterftes

Henriette Lamprecht
Die Covid-19-verwante sterftesyfer skuif met drie - een elk in onderskeidelik Keetmanshoop, Mariental en Walvisbaai - op tot 628. Vandag is 165 nuwe gevalle aangemeld waarvan 17 leerlinge, 11 onderwysers en 14 gesondheidswerkers is. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 660 waarvan 155 in die hospitaal en 43 in die ICU is. Tot op hede het 45 642 (95%) van gevalle herstel.

Tot op hede is 12 162 mense teen Covid-19 ingeënt, 1 459 mense is tans in kwarantyn en 3 681 kontakte word gemonitor.

Kommentaar

Republikein 2026-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer