164 nuwe gevalle, vyf sterftes
164 nuwe gevalle, vyf sterftes

164 nuwe gevalle, vyf sterftes

Henriette Lamprecht
Die Covid-19-verwante sterftes vir die land styg met vyf - twee in Windhoek en Keetmanshoop onderskeidelik en een in Rehoboth - tot 710. Vandag is 164 nuwe gevalle aangeteken waarvan 16 leerlinge, 12 gesondheidswerkers, vyf onderwysers en twee studente is. Die aktiewe gevalle staan tans op 2 343 waarvan 228 in die hospitaal en 66 in die ICU is. Tot op hede het 48 049 gevalle herstel en is 50 222 mense teen Covid-19 ingeënt.

Tans is 1 079 mense in kwarantyn en 2 667 kontakte word gemonitor.

Kommentaar

Republikein 2026-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer