16 sterftes, 355 nuwe gevalle
16 sterftes, 355 nuwe gevalle

16 sterftes, 355 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftes styg met 16 tot 3 080. Die meeste was in Oshakati met 12, gevolg deur Windhoek en Onandjokwe met twee sterftes elk. Vier van die sterftes in Oshakati was tuissterftes. Die twee sterftes op Onandjokwe was dié van swanger vroue. Gister is 355 nuwe gevalle aangeteken, 'n positiewe koers van 25%. Die meeste is in Oshana (41%). Onder die gevalle is 61 leerlinge, 17 onderwysers, ses studente en nege gesondheidswerkers. Uit al die gevalle het 17 (5%) ten minste een dosis entstof ontvang, terwyl vier twee dosisse ontvang het.
Die aktiewe gevalle staan tans op 20 365 waarvan 387 in die hospitaal en 75 in die ICU is. Tot op hede het 165 427 mense een dosis entstof ontvang, terwyl 49 554 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 80%.

Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer