16 begrafnisgangers toets positief vir Covid-19
Sestien begrafnisgangers van die Rehoboth-distrik is onder die 41 nuwe gevalle van Covid-19 wat vanaand aangemeld is. Uit die 41 nuwe gevalleis 27 vroue en 14 mans. Die ouderdomme wissel van agt jaar oud tot 72 jaar oud.
Uit die 41 gevalle is 16 in Rehoboth, 15 in Windhoek, drie in Swakopmund, twee in Walvisbaai, drie in Gobabis, en een elk in onderskeidelik Keetmanshoop en Okahandja aangeteken.
Nog drie mense het herstel wat die totaal vir die land op 11 605 te staan bring. Uit die 1 470 aktiewe gevalle is vier baie ernstig of kritiek. Dit sluit twee baie ernstige en een kritieke geval in Khomas en een kritieke geval in Oshana in.
Tot op hede is 134 270 weefselmonsters getoets, 5 661 kontakte word gemonitor en 381 mense is in kwarantyngeriewe oraloor in die land. Die Covid-19-verwante sterftesyfer bly op 134.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie