15de Skooldag-verslag vrygestel
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het in samewerking met die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) die 2019 Namibië 15de Skooldag-verslag vrygestel. Die verslag bevat die belangrikste inligting oor die aantal skole, leerlinge en onderwysers in Namibië soos wat dit op die 15de skooldag ná die aanvang van elke skooljaar aangeteken is. Die 15de Skooldagverslag vir 2019 is deur die afdeling vir die bestuur van die inligtingstelsel vir onderrig (EMIS) in die ministerie saamgestel.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie