152 nuwe Covid-19-gevalle vir Windhoek, nog 'n sterfte
Die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in Windhoek het die afgelope twee weke tienvoudig vermeerder met nog 152 nuwe gevalle wat in die hoofstad aangeteken is. Nog 'n Covid-19-verwante sterfte is ook in Windhoek aangeteken.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het vanmiddag 190 nuwe gevalle aangekondig waarvan buiten die 152 in Windhoek 17 in Walvisbaai, agt in Swakopmund, een in Omaruru, drie in Rehoboth, een in Mariental, een in Okahandja, twee in Otjiwarongo, een in Grootfontein, twee in Lüderitz en een elk in onderskeidelik Eenhana en Rundu was.
Uit die 190 nuwe gevalle is 98 mans en 92 vroue. Die jongste is een jaar oud en die oudste 73 jaar oud. Die jongste sterfte is 'n 69-jarige vrou van Windhoek wat onderliggende mediese toestande gehad het. Dit bring die totale aantal sterftes op 36 en die totale aantal bevestigde gevalle op 4 344 te staan.
Tot op hede is 41 867 weefselmonsters getoets en 1 556 mense is tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie