150 Covid-19-gevalle in Namibiu00eb
150 Covid-19-gevalle in Namibiu00eb

150 Covid-19-gevalle in Namibië

Denver Kisting
Denver Kisting – Teen vanoggend staan Namibië se aantal bevestigde gevalle van Covid-19 op 150.

Dít kom nadat dr. Kalumbi Shangula, die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, pas by die Covid-19-kommunikasiesentrum (CCC) in Windhoek aangekondig het 14 nuwe gevalle van dié siekte is op Walvisbaai aangeteken.

’n Totaal van 22 van die gevalle het reeds herstel, terwyl 128 aktiewe gevalle is.

Dr. Shangula sê die mees onlangse gevalle is almal in ’n bestendige toestand.

Sedert Vrydagoggend is 48 nuwe gevalle aangemeld.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-12-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer