15 reeds in vloede in Viëtnam dood
Die dodetal weens vloede en grondstortings in Viëtnam het Dinsdag tot 15 gestyg. Swaar reënval kom sedert Saterdag oor die land voor. Die owerhede voorspel nog swaar neerslae en vloede in die bergagtige noorde van die land en daar word verwag dat die dodetal kan styg. Volgens Le Trong Qoeang, ondervoorsitter van die provinsie Lai Tsjhau se mensekomitee, is hierdie provinsie die ergste deur die vloede geraak. Altesaam 12 mense, onder wie twee kinders, het daar omgekom. Die meeste van die slagoffers het verdrink of is in grondstortings begrawe. “Ons maak ons gereed vir nog reën oor die volgende paar dae. Ek is bevrees dat die sterftes kan toeneem in die provinsie terwyl 11 mense steeds vermis word,” het hy gesê. Foto Netwerk24/Reuters
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie