15-jarige moordverdagte uit
Denver Kisting – Die 15-jarige seun wat glo Maandag sy pa vermoor het, is Donderdag vrygelaat.
Hoewel die staat Woensdag in die Mariental-landdroshof betoog het die minderjarige tiener moet in aanhouding bly, is hy op waarskuwing in die sorg van sy ouma vrygelaat.
Volgens die staatsaanklaer, me. Loide Nghixulifwa, is die bewerings teen die seun van ’n ernstige aard.
Daarnaas het sy Woensdag gesê die polisieondersoek is nog nie afgehandel nie.
Die tiener het aangedui hy gaan om regshulp aansoek doen.
Die seun is tot Vrydag in die polisieselle op dié Hardapdorp aangehou.
Assistentlanddros Eveline Stephanus het die saak tot 14 Junie vir verdere ondersoek en die verwerking van die seun se aansoek om regshulp uitgestel.
Republikein het vroeër berig die voorval het verlede Maandag omstreeks 16:30 in die Aimablaagte-woonbuurt op Mariental plaasgevind.
“Dit word beweer dat die seun sy pa met ’n skerp voorwerp in die bors gesteek het,” het adjunkkommissaris Eric Clay, die misdaadkoördineerder van die streek, gesê.
Nadat die seun sy pa, ’n munisipale werknemer, glo gesteek het, het die tiener na bewering op die vlug geslaan.
Hy is eers Dinsdagoggend in hegtenis geneem.
Die 38-jarige oorledene se naam word verswyg om die minderjarige beskuldigde se identiteit te beskerm.
Die man is na die hospitaal gehaas, maar is by aankoms dood verklaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie