146 nuwe gevalle, 908 herstel, 66 mense ontvang entstowwe
146 nuwe gevalle, 908 herstel, 66 mense ontvang entstowwe

146 nuwe gevalle, 908 herstel, 66 mense ontvang entstowwe

Henriette Lamprecht
Die afgelope 24 uur het nog 66 mense Covid-19-entstowwe ontvang en wel 55 in Khomas en 11 in Erongo. Dit bring die totaal op 218 te staan. Vandag is 146 nuwe gevalle aangemeld waarvan 64 leerlinge en vyf gesondheidswerkers is. Nog 908 mense het herstel wat die totaal op 40 884 en 'n herstelkoers van 95% te staan bring.

Die aktiewe gevalle staan tans op 1 614 waarvan 165 in die hospitaal en 32 in die ICU is. Tans word 4 207 kontakte gemonitor en 1 705 mense is in kwarantyn. Die Covid-19-verwante sterftes bly op 502.

Kommentaar

Republikein 2026-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer