139 nuwe gevalle, twee sterftes
139 nuwe gevalle, twee sterftes

139 nuwe gevalle, twee sterftes

Henriette Lamprecht
Die Covid-19-verwante sterftes het gister met nog twee - een in onderskeidelik Windhoek en Swakopmund - tot 691 gestyg. Gister is 139 nuwe gevalle aangemeld waarvan 21 leerlinge, vier studente, vier onderwysers en vyf gesondheidswerkers is. Die aktiewe gevalle staan tans op 2 123 waarvan 186 in die hospitaal en 50 in die ICU is. Tot op hede het 47 384 (94%) gevalle herstel.

Tot op hede is 39 339 mense teen Covid-19 ingeënt, 1 273 mense is in kwarantyn en 3 314 kontakte word gemonitor.

Kommentaar

Republikein 2026-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer