134 nuwe gevalle, vier sterftes
134 nuwe gevalle, vier sterftes

134 nuwe gevalle, vier sterftes

Henriette Lamprecht
Die Covid-19-verwante sterftesyfer skuif met vier - een elk in onderskeidelik Windhoek, Grootfontein, Otjiwarongo en Keetmanshoop - op tot 596. Vandag is 134 nuwe gevalle aangemeld waarvan 18 leerlinge, vier onderwysers en drie gesondheidswerkers is. Die aktiewe gevalle staan op 1 256 waarvan 119 in die hospitaal en 33 in die ICU is. Tot op hede het 44 322 mense herstel.

Nog 305 is teen Covid-19 ingeënt, waarvan 237 in Khomas en 68 in Erongo was. Die totaal vir die twee streke staan op 3 587. Tans word 4 152 kontakte gemonitor en 1 575 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2026-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer