131 nuwe gevalle, twee sterftes
Vandag is 131 nuwe gevalle en twee nuwe sterftes, een op Rehoboth en een in Opuwo, aangeteken. Die Covid-19-verwante sterfte staan nou op 377. Uit die 131 gevalle is 41 in Windhoek, 20 in Oshakati, 11 in Gobabis en 10 in Katima Mulilo aangeteken. Onder die nuwe gevalle is twee gesondheidswerkers en 31 leerlinge
Nog 102 mense het herstel wat die totaal op 33 675 en 'n herstelkoers van 96% te staan bring. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 142 waarvan 130 in die hospitaal en 15 in intensiewesorgeenhede (ICU's) is. In Windhoek is 49 in die hospitaal en 10 in die ICU, in Erongo 28 in die hospitaal en vier in die ICU en in Omusati is 11 in die hospitaal.
Tot op hede is 276 865 weefselmonsters getoets, 3 815 kontakte word gemonitor en 1 180 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie