130 nuwe gevalle, meeste in Windhoek
130 nuwe gevalle, meeste in Windhoek

130 nuwe gevalle, meeste in Windhoek

Henriette Lamprecht
Gister is 130 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 8,4%. Die meeste (97) is in Windhoek aangeteken. Die nuwe gevalle sluit 13 studente, 11 gesondheidswerkers, ses leerlinge en twee onderwysers in. Die aktiewe gevalle staan tans op 530 waarvan 18 in die hospitaal en een in ICU is. Tot op hede het 376 243 mense 'n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 317 132 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers bly op 97,2% en die sterftesyfer op 3 573.

Kommentaar

Republikein 2025-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer