1,3% van bevolking ten volle ingeënt, 5% het eerste dosis ontvang
President Hage Geingob sê net 1,5% van die bevolking is ten volle teen Covid-19 ingeënt, met 5% wat reeds hul eerste dosis entstof ontvang het. Volgens Geingob het Khomas 20% van alle nuwe gevalle aangeteken, gevolg deur die 15% van Erongo en Otjozondjupa en Oshana met 9%. Die meeste sterftes is ook in Khomas en Erongo aangeteken, met 55% van sterftes wat in die ouderdomsgroep 60 jaar en ouer is. Tot gister het 108 785 Namibiërs gesamentlik positief vir Covid-19 getoets, terwyl 24 607 die siekte steeds onder lede het. In die afgelope 16 maande het 75% van positiewe gevalle herstel.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie