13 uit 531 weefselmonsters toets positief vir Covid-19
Dertien (2,4%) uit 531 weefselmonsters wat vir Covid-19 getoets is, was positief. Uit die 13 nuwe gevalle is agt mans en vyf vroue. Die ouderdomme wissel van 17 tot 70 jaar. Die gevalle is soos volg aangeteken: Lüderitz 6, Karasburg 2, Windhoek 3 en Rehoboth en Walvisbaai onderskeidelik 1 elk.
Nog 81 mense het herstel wat die totaal vir die land op 11 701 te staan bring. Dit sluit 51 in Hardap, 22 in Khomas, 4 in Oshana en twee elk in onderskeidelik //Kharas en Omusati in.
Die aktiewe gevalle staan nou op 1 416 waarvan drie gevalle baie ernstig of kritiek is. Dit sluit een baie ernstige en een kritieke geval in Khomas en een kritieke geval in Oshana in.
Tot op hede is 135 866 weefselmonsters getoets, 2 144 kontakte word gemonitor en 265 mense is in kwarantyngeriewe oraloor in die land. Die Covid-19-verwante sterftesyfer bly op 134.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie