13 sterftes, 363 nuwe gevalle
13 sterftes, 363 nuwe gevalle

13 sterftes, 363 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftesyfer styg met 13 tot 3 057. Keetmanshoop en Engela het elk drie sterftes aangeteken, gevolg deur Okahandja met twee en Windhoek, Lüderitz en Katima Mulilo met een elk. Vier was tuissterftes - twee in Engela en twee in Grootfontein. Nie een van die sterftes was ingeënt nie.
Gister is 363 nuwe gevalle aangemeld met die meeste in Ohangwena met 22% van die gevalle. Onder die gevalle is 45 leerlinge en ses gesondheidswerkers. Vyf van die gevalle (1%) het een dosis entstof ontvang. Die aktiewe gevalle staan op 20 304 waarvan 441 in die hospitaal en 85 in die ICU is. Die positiewe koers is 19%.
Tot op hede is 164 221 mense met een dosis en 49 274 ten volle ingeënt. Die herstelkoers staan op 80%.

Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer