13 sterftes, 1 384 nuwe gevalle
Die Covid-sterftesyfer styg met 13 - ses in Katima Mulilo, vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in die Tsandi-distrik - tot 1 662. Nie een van die sterfgevalle was teen Covid-19 ingeënt nie. Gister is 1 384 nuwe gevalle aangemeld met 'n positiewe koers van 49%. Die meeste gevalle is in Khomas (19%), gevolg deur Erongo met 18%. Onder die gevalle is 192 leerlinge, 28 onderwysers, agt studente en 22 gesondheidswerkers. Uit die bevestigde gevalle het 17 (1%) ten minste een dosis entstof ontvang, terwyl drie ten volle ingeënt is.
Die aktiewe gevalle staan nou op 24 641 waarvan 560 in die hospitaal en 106 in ICU is.
Tot op hede is 124 192 teen Covid-19 ingeënt, waarvan 26 171 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 73%.
Die aktiewe gevalle staan nou op 24 641 waarvan 560 in die hospitaal en 106 in ICU is.
Tot op hede is 124 192 teen Covid-19 ingeënt, waarvan 26 171 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 73%.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie