13 sterf in aardbewing by Lombok-eiland
Ten minste 13 mense het in ‘n aardbewing op ‘n gewilde vakansie-eiland in Indinesië gesterf en duisende is dakloos gelaat.
’n Kragtige aardbewing van 6,4 het die gewilde toeristebestemming, Lombok-eiland, in Indonesië gister getref.
Talle naskokke het gevolg, met die grootste een wat 5,7 op die Richterskaal gemeet het.
Dertien mense is dood en talle geboue is beskadig, het plaaslike owerhede gesê.
“Dertien mense is dood, honderde is beseer en duisende huise is in die aardbewing in Oos-Lombok beskadig. Ons samel steeds inligting in,” het Sutopo Purwo Nugroho van die Indonesiese rampbeheeragentskap in ‘n verklaring gesê.
Die aardbewing het vroegoggend gebeur terwyl mense nog geslaap het.
“Ons het uit ons beddens gespring om te verhoed dat goed op ons koppe val,” het Jean-Paul Volckaert, wat in die Puncak-hotel naby Senggigi op Lombok tuisgegaan het, gesê.
“Die water in die swembaddens het van kant tot kant gewieg soos water in die see, maar dit het net vir so 30 sekondes geduur.
“Die mense in die nedersettings het die meeste skade gely.” AFP berig duisende huise is beskadig.
Die aardbewing het sowat 50 km noordoos van die stad Mataram in die noorde van Lombok-eiland ontstaan, luidens die Amerikaanse geologiese agentskap.
Rampbestuurpersoneel op die eiland sê mense het in die strate en in oop velde saamgedrom
“Ons fokus nou daarop om mense uit te kry,” sê Sutopo Purwo Nugroho, die rampbestuurwoordvoerder. –Nampa/AFP/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie