129 gevalle, 4 sterftes, 95 herstel
129 gevalle, 4 sterftes, 95 herstel

129 gevalle, 4 sterftes, 95 herstel

Henriette Lamprecht
Vandag is 129 nuwe gevalle en vier nuwe sterftes aangemeld en nog 95 mense het herstel. Die sterftes sluit twee in Windhoek en een elk in onderskeidelik Rundu en Omuthiya in. Dit bring die totaal op 375 te staan.

Uit die 129 nuwe gevalle is sewe gesondheidswerkers, 32 leerlinge en vyf werkers in die visbedryf. Die totale getal mense wat sedertdien herstel het, is 33 454 en 'n herstelkoes van 96%. Die aktiewe gevalle staan op 1 137 waarvan 138 in die hospitaal en 14 in intensiewesorgeenhede (ICU's) is. In Windhoek is 44 in die hospitaal en 11 in die ICU en in Erongo 25 in die hospitaal en 3 in ICU.

Tot op hede is 274 817 weefselmonsters getoets, 3 727 kontakte word gemonitor en 1 133 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2025-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer