126 vas in ‘mooiste maand’ vir miljoene se dwelms
Francoise Steynberg - Wat volgens die digter C. Louis Leipoldt die mooiste, mooiste maand moes wees, was vir die Namibiese polisie se dwelmeenheid ’n monstermaand.
Dié eenheid het in Oktober alleen op dwelms ter waarde van meer as N$1,9 miljoen beslag gelê.
Volgens die hoof van die Namibiese polisie se skakelafdeling, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, is die hoeveelheid dwelms waarop van 1 tot 31 Oktober beslag gelê is, gelykstaande aan dit waarop voorheen in ses maande beslag gelê is.
Dít beteken dwelmhandel in Namibië neem met rasse skrede toe.
Kanguatjivi sê altesaam 126 mense is in Oktober in verband met dwelmverwante misdaad in hegtenis geneem.
Hy het die volgende statistieke verskaf: Uit die 126 verdagtes is 115 Namibiërs vasgetrek. Die ander verdagtes sluit in agt Angolese en een burger van onderskeidelik Burundi, Tanzanië en Zambië.
Die dwelmmiddel waarop by verre die meeste beslag gelê is, is dagga – altesaam 39 kg – ter waarde van N$1,95 miljoen.
In die twee plek is Mandrax. Die polisie het op 141 tablette ter waarde van N$16 920 beslag gelê. Altesaam 18,8 g kokaïen ter waarde van N$9 400 is gevind en vier eenhede crack ter waarde van N$400.
Die polisie het tussen 1 en 31 Oktober op slegs twee strooitjies tik ter waarde van N$100 beslag gelê. Volgens die polisie het tik nou eers sy kop in Namibië uitgesteek.
"Dwelms kan jou doodsvonnis wees," waarsku die Namibiese polisie en maan ouers om waaksaam te wees en na hul kinders se gedrag op te let.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie