125 nuwe gevalle, twee sterftes
125 nuwe gevalle, twee sterftes

125 nuwe gevalle, twee sterftes

Henriette Lamprecht
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê 125 mense het positief vir Covid-19 getoets, terwyl twee mense aan Covid-19-verwante oorsake dood is. Die sterftes is 'n 61-jarige man in Swakopmund en 'n 58-jarige man in Windhoek. Dit bring die totale sterftes vir die land op 91 te staan.

Uit die 125 nuwe gevalle is 66 mans en 59 vroue. Die jongste is tien maande oud en die oudste 90 jaar oud. Uit die 125 nuwe gevalle is 81 in Windhoek, sewe in Walvisbaai, vier in Omaruru, twee in Swakopmund, een in Usakos, sewe in Rehoboth, vier in Mariental, vier in Okahandja, vier in Otjiwarongo, sewe in Keetmanshoop, drie in Gobabis en een in Rundu. Dit bring die totale getal gevalle wat tot op hede in die land aangemeld is op 8 810 te staan.

Namibië het huidig 4 913 aktiewe gevalle en 4 913 kontakte word gemonitor. Nog 20 mense het herstel (agt in Hardap, sewe in Khomas en vyf in //Kharas) wat die totaal op 3 806 te staan bring. Uit die 4 913 aktiewe gevalle is een in Erongo baie ernstig en vyf kritiek, terwyl agt gevalle in Khomas baie ernstig en sewe kritiek is.

Shangula sê tot op hede is 71 506 weefselmonsters getoets en 1 510 mense is tans in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2025-05-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer