120 nuwe gevalle van Covid-19 in Namibië
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 120 nuwe gevalle van Covid-19 is in die land aangeteken wat die totaal op 1 522 te staan bring. Hiervan is 106 in Walvisbaai, vyf in Swakopmund, sewe in Windhoek, een in Lüderitz en een in Katima Mulilo. Uit die 102 gevalle is 86 vroue en 34 mans. Die ouderdomme wissel van 15 tot 79 jaar oud.
Windhoek se gevalle is een elk in die woonbuurtes Ludwigsdorp, Auasblick, Otjimuise, Khomasdal, Cimbebasia, Havana en Goreangab aangeteken. Slegs een van die gevalle was in kwarantyn.
Die geval op Katima Mulilo het met 'n saamrygeleentheid met 'n vragmotor na die dorp geryloop, terwyl die geval op Keetmanshoop 'n konstruksiewerker by die plaaslike distrikshospitaal is waar opknappingswerk gedoen word.
Volgens Shangula het vyf gevalle herstel en wel 297, 540, 563, 566 en 571. Die land het tans 1 446 aktiewe gevalle en 69 mense het herstel. Tot op hede is 19 782 weefselmonsters getoets en is 657 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie