12 sterftes, 717 gevalle
12 sterftes, 717 gevalle

12 sterftes, 717 gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-19-verwante sterftesyfer vir die land skuif met 12 - sewe in Windhoek waaronder 'n 17-jarige en een elk in onderskeidelik Keetmanshoop, Walvisbaai, Engela, Gobabis en Karasburg - op tot 877. Vandag is 717 nuwe gevalle aangemeld waarvan 54% in Khomas was. Die nuwe gevalle sluit 80 leerlinge, 17 studente, 33 onderwysers en 11 werkers in die mynbedryf. Die aktiewe gevalle staan tans op 4 916 waarvan 280 in die hospitaal en 47 in die ICU is. Tot op hede is 51 177 herstel en is 72 371 mense teen Covid ingeënt.

Tans is 1 782 mense in kwarantyn en 3 442 kontakte word opgevolg.

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer