12 sterftes, 192 nuwe gevalle
12 sterftes, 192 nuwe gevalle

12 sterftes, 192 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftes styg met 12 tot 3 361. Een was 'n tuissterfte en nie een van die gevalle was ingeënt nie. Gister is 192 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 10,5%. Die meeste gevalle is 'n //Kharas (20,8%), gevolg deur Ohangwena met 15,6%. Onder die gevalle is 58 leerlinge, twee studente en vier gesondheidswerkers. Leerlinge verteenwoordig 30% van die gevalle. Twee gevalle het een dosis entstof ontvang, terwyl ses volledig ingeënt is. Die aktiewe gevalle staan tans op 2 347 waarvan 199 in die hospitaal en 33 in die ICU is. Tot op hede het 206 954 mense hul eerste dosis entstof ontvang, terwyl 105 153 volledig ingeënt is. Die herstelkoers staan op 95%.

Kommentaar

Republikein 2025-09-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer