12 sterftes, 186 nuwe gevalle
Die Covid-sterftes styg met 12 tot 3 300. Geen van die sterfgevalle was ingeënt nie. Gister is 186 nuwe gevalle aangeteken, 'n positiewe koers van 18%. 'n Totaal van 90 gevalle (48,4%) is in Oshana, gevolg deur 20 gevalle in Ohangwena (10,8%). Onder die gevalle is 30 leerlinge en drie onderwysers. Geen van die nuwe gevalle is ingeënt nie. Die aktiewe gevalle staan tans op 2 870 waarvan 235 in die hospitaal en 43 in die ICU is. Tot op hede het 190 306 mense hul eerste dosis entstof ontvang, terwyl 83 629 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 95%.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie