12-jarige verdrink by Walvisbaai
Die 12-jarige Isai Tangeni Weyulu se liggaam is vanoggend omstreeks 11:00 deur duikers van die vloot gevind, nadat hy gister by Independence Beach by Walvisbaai vermoedelik verdrink het.
Volgens die koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj. komm. Erastus Ikuyu, was Isai Sondag saam familie en vriende by die strand. Op 'n stadium kon sy voog hom nêrens vind nie en is hy as vermis by die Tutaleni-polisiekantoor aangemeld.
Ikuye sê tydens 'n soektog wat vandag voortgesit is, is Isai se liggaam gevind nie ver van waar hy saam met vriende geswem het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie