118 nuwe gevalle, 81 in Windhoek
Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, sê 118 nuwe Covid-19-gevalle is aangeteken uit 608 weefselmonsters wat getoets is. Die lae toetssyfer is volgens hom weens tegniese uitdagings wat ervaar is. Uit die 118 nuwe gevalle is 65 mans en 63 vroue. Die jongste is vier maande oud en die oudste 88 jaar oud. Uit die 118 nuwe gevalle is 81 in Windhoek, agt in Rehoboth, twee in Mariental, ses in Swakopmund, twee in Omaruru, een in Usakos, twee in Omuthiya, een in Tsumeb, drie elk in onderskeidelik Oshakati en Rundu en een elk in onderskeidelik Keetmanshoop, Lüderitz, Okahandja, Otjiwarongo, Eenhana, Engela en Opuwo. Twee is op Oshikuku aangeteken.
Nog 175 mense het herstel wat die totaal op 3 981 te staan bring. Die 175 sluit 156 in Erongo, vyf elk in onderskeidelik Khomas, Omaheke en Otjozondjupa en vier in //Kharas in.
Uit die 4 856 aktiewe gevalle is 19 baie ernstig of kritiek. Dit sluit een baie ernstige en drie kritieke gevalle in Erongo en vyf baie ernstige en tien kritieke gevalle in Khomas in.
Die totale getal gevalle wat tot op hede in die land aangeteken is, staan op 8 928, die sterftes op 91, 72 186 weefselmonsters is tot op hede getoets, 9 510 kontakte word gemonitor en 1 385 mense is in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie