115 uit 174 nuwe gevalle in Windhoek, twee sterftes
Uit die 174 nuwe gevalle van Covid-19 is 115 in Windhoek. Dit verteenwoordig 66% van die totale getal. Die dood van 'n 26-jarige vrou van Swakopmund en 'n 38-jarige man van Windhoek, beide met onderliggende mediese toestande, bring die totaal Covid-19-verwante sterftes op 155 te staan.
Buiten die 115 gevalle in Windhoek is 12 in Lüderitz, twee in Karasburg, 13 in Otjiwarongo, sewe in Swakopmund, vyf in Walvisbaai, een in Usakos, ses in Oshakati, drie in Opuwo, een in Outjo, drie in Rehoboth, twee in Gobabis, twee in Outapi en een elk in onderskeidelik Rundu en Tsumeb aangeteken.
Nog 191 mense het herstel wat die totaal op 14 195 te staan bring. Dit sluit 86 in Hardap, 40 in Erongo, 35 in //Kharas en 30 in Khomas in. Die aktiewe gevalle staan op 1 119 waarvan tien baie ernstig tot kritiek is. Dit sluit vier baie ernstige en vyf kritieke gevalle in Khomas en een kritieke geval in Erongo in.
Tot op hede is 168 805 weefselmonsters getoets, 3 208 kontakte word gemonitor en 637 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie