114 nuwe gevalle, vier sterftes
Vier sterftes - twee in Walvisbaai (76-jarige vrou, 48-jarige man), een in Onandjokwe (52-jarige man) en een in Rundu (66-jarige man) - het die Covid-19-verwante sterftes vir Namibië tot 448 opgestoot. Vandag is 114 nuwe gevalle aangemeld waarvan 27 leerlinge, sewe gevangenes, vier gesondheidswerkers, vier onderwysers en drie studente is.
Die aktiewe gevalle staan tans op 1 952 waarvan 149 in die hospitaal en 26 in ICU is. Nog 150 mense het herstel wat die totaal op 38 043 te staan bring. Tans word 4 050 kontakte gemonitor en 1 625 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie