111 nuwe gevalle, vier sterftes
111 nuwe gevalle, vier sterftes

111 nuwe gevalle, vier sterftes

Henriette Lamprecht
Vier gesondheidswerkers is onder die 111 nuwe gevalle wat vandag aangekondig is. Nog vier sterftes, twee in Rundu en onderskeidelik een elk in Karasburg en Windhoek, het die sterftesyfer tot 382 opgestoot.

Uit die 111 gevalle is 54 in Windhoek 11 in Okahandja en tien in Walvisbaai aangeteken. Nog 172 mense het herstel wat die totaal op 33 950 en 'n herstelkoers van 96% te staan bring. Dit sluit 121 in Kavango-Oos, 23 in Omaheke, 14 in Kavango-Wes, agt in Otjozondjupa en ses in Khomas in.

Die aktiewe gevalle staan op 1 013 waarvan 120 in die hospitaal en 12 in intensiewesorgeenhede (ICU's) is. In Khomas is 47 in die hospitaal en 10 in ICU, in Erongo 21 in die hospitaal en twee in ICU en in Oshana nege in die hospitaal.

Tot op hede is 279 129 weefselmonsters getoets, 3 990 kontakte word gemonitor en 1 250 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2025-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer