11 uit 592 toets positief vir Covid-19
11 uit 592 toets positief vir Covid-19

11 uit 592 toets positief vir Covid-19

Henriette Lamprecht
Uit 592 weefselmonsters wat getoets is, het 11 positief vir Covid-19 getoets. Dit sluit vyf mans en ses vroue in. Die jongste is 13 jaar oud en die oudste 72 jaar oud. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, is sewe gevalle in Windhoek twee in Lüderitz en een elk in onderskeidelik Mariental en Walvisbaai aangeteken.

Volgens Shangula het dit Namibië 74 dae geneem om 12 000 gevalle aan te teken vanaf die 2 224 gevalle op 1 Augustus tot 13 Oktober se 9 776 gevalle wat 81% van die totale gevalle verteenwoordig. Shangula sê daar is 'n afname die afgelope 16 dae in die koers waarteen mense positief vir die siekte toets, ten spyte van die toename in die aantal toetse.

Volgens die minister het nog 207 mense herstel wat die totaal op 10 120 te staan bring. Dit sluit 84 in Hardap, 76 in Khomas, 38 in Otjozondjupa, sewe in Erongo en een elk in onderskeidelik Oshana en Omaheke in.

Die aktiewe gevalle staan nou op 1 751 waarvan vyf baie ernstig of kritiek is. Dit sluit twee kritieke gevalle in Erongo en een baie ernstige en twee kritieke gevalle in Khomas in. Die sterftesyfer bly op 129, 111 315 weefselmonsters is tot op hede getoets en tans is 1 022 mense in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2025-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer