11 sterftes, 452 gevalle
11 sterftes, 452 gevalle

11 sterftes, 452 gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-19-verwante sterftes skiet met nog 11 - vyf in Windhoek, drie in Okahandja en een elk in onderskeidelik Oshakati, Nankudu en Otjiwarongo - op tot 865. Uit die 452 nuwe gevalle is 60% in Khomas aangeteken. Die nuwe gevalle sluit 27 leerlinge, tien onderwysers, 11 studente en 26 gesondheidswerkers in. Die aktiewe gevalle staan tans op 4 340 aktiewe gevalle waarvan 286 in die hospitaal en 53 in die ICU is. Tot op hede het 51 048 (91%) gevalle herstel en is 70 585 mense teen Covid-19 ingeënt.

Tans is 1 891 mense in kwarantyn en 3 242 kontakte word gemonitor.

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer