11 sterftes, 391 nuwe gevalle
Die Covid-19-verwante sterftesyfer skiet met 11 - vyf in Oshakati, twee in Keetmanshoop, twee in Windhoek en een elk in onderskeidelik Okakarara en Karasburg - op tot 818. Vandag is 391 nuwe gevalle aangemeld waarvan 48 leerlinge, 22 onderwysers, 12 studente en 21 gesondheidwerkers is. Die aktiewe gevalle staan tans op 3 589 waarvan 254 in die hospitaal en 45 in die ICU is. Tot op hede het 50 241 (92%) herstel en is 67 593 mense teen Covid-19 ingeënt.
Tans is 1 978 mense in kwarantyn en 2 972 kontakte word gemonitor.
Tans is 1 978 mense in kwarantyn en 2 972 kontakte word gemonitor.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie