105 nuwe gevalle, 8 sterftes
105 nuwe gevalle, 8 sterftes

105 nuwe gevalle, 8 sterftes

Henriette Lamprecht
Die Covid-19-verwante sterftes styg met agt - vier in Windhoek, twee in Mariental en twee in Swakopmund - tot 718. Vandag is 105 nuwe gevalle aangemeld waarvan 14 leerlinge, ses onderwysers en vier gesondheidswerkers is. Die aktiewe gevalle staan tans op 2 242 waarvan 215 in die hospitaal en 66 in die ICU is. Tot op hede het 48 247 (94%) herstel en is 50 339 mense teen Covid-19 ingeënt.

Tans is 1 055 mense in kwarantyn en 2 676 kontakte word gemonitor.

Kommentaar

Republikein 2026-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer