102 nuwe gevalle, twee sterftes waaronder sestienjarige meisie
'n Sestienjarige meisie van Walvisbaai is een van twee Covid-19-verwante sterftes wat vandag aangemeld is. Die ander sterfte is dié van 'n 33-jarige vrou van Swakopmund. Dit bring die totaal vir die land op 355 te staan. Vandag is 102 nuwe gevalle aangeteken wat vyf gesondheidswerkers, nege leerlinge en 18 werknemers uit die kleinhandelsektor insluit. Uit die 102 nuwe gevalle is 32 in Rundu, 16 in Walvisbaai 21 in Gobabis en tien in Windhoek aangeteken.
Nog 175 mense het herstel wat die herstelkoers op 32 739 en 'n herstelkoers van 96% te staan bring. Dit sluit 63 in Otjozondjupa, 56 in Khomas, 20 in Kunene, 17 in Omusati, 15 in Ohangwena en vier in //Kharas in.
Die aktiewe gevalle staan op 1 169 waarvan 146 in die hospitaal en 13 in intensiewesorgeenhede (ICU's) is. In Windhoek is 58 in die hospitaal en 12 in die ICU, in Erongo is 26 in die hospitaal en een in ICU en in Omusati is 13 in die hospitaal.
Tot op hede is 268 699 weefselmonsters getoets, 4 655 kontakte word gemonitor en 1 072 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie