101 Kleinkoekies deur Nettie Cilliers
’n Kleinkoekieresepteboek wat die mond laat water! Die 101 getoetste resepte sluit ou gunstelinge en ook nuwe resepte in – van vlakoekies, Griekse brosbrood en klapperskywe tot sjokolade-skurwejantjies, Milo-koekies en brandglaskoekies. Elkeen van die resepte word met pragfoto’s geïllustreer – inspirasie wat jou baklus sal aanwakker!
Hierdie watertandresepte sal dit maklik maak om die koekblikke vol te hou en die praktiese wenke sal sorg dat elke blikvol ’n meesterstuk is.
Nettie Cilliers is woonagtig in die Douglas-distrik, waar sy haar passie vir lekker kos uitleef. Sy bied gereelde kookdemonstrasies aan waar sy interessante, smaaklike disse voorsit. Hierdie is haar tweede publikasie. Kleinkoekies, blikke vol! is in 2003 deur Lapa uitgegee.
Die boek (ISBN: 9780799370164) word deur Lapa Uitgewers gedruk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie