100de stappers na veiligheid gebring ná aardbewing
Honderde gestrande stappers is veilig van berg Rinjani op die eiland Lombok, ’n gewilde toeristebestemming in Indonesië, gered, twee dae nadat ’n kragtige aardbewing van 6.4 die gebied getref het.
Sutopo Purwo Nugroho, woordvoerder van die Nasionale Rampbestuursagentskap, het bevestig dat die laaste ses stappers gisteroggend van die berg af gebring is, ná afloop van ’n enorme gesamentlike reddingspoging wat byna 200 Indonesiese polisie, militêre en mediese personeel ingesluit het. Nugroho het getwiet dat die liggaam van ’n oorlede stapper ook van die berg af gebring is.
CNN berig dat die meer as 600 stappers op die berg se talle wandelroetes vasgevang was, nadat die aardbewing, wat vroeg Sondag getref het, ’n reeks grondverskuiwings tot gevolg gehad het wat hul pad terug versper het.
Nugroho sê dat daar honderde buitelandse stappers tussen die 600 was.
Dit is nie bekend of diegene wat van die berg gered is, mediese behandeling nodig gehad het nie. Amptenare sê die dodetal van Sondag se aardbewing staan tans op 16 en meer as 335 mense is beseer nadat geboue ineengestort het. The Guardian berig dat die berg ’n gewilde bestemming vir avontuurlustige klimmers is en dat die strawwe tog minstens twee dae vat. “Ek het gedink ek gaan dood,” sê John Robyn Buenavista, ’n 23-jarige Amerikaner wat die piek van die berg bereik het toe die aardbewing getref het. “Ek het aan die grond vasgeklou. Dit het gevoel asof dit vir ewig aanhou. Ek het gesien hoe mense val.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie