1000 Duine lok vele na kus
1000 Duine lok vele na kus

1000 Duine lok vele na kus

Tielman vanlill
Die 2016 1000 Dunes Swakop Rally wat deur die Windhoek- en Walvisbaai motorsportklubs aangebied word, spring môreoggend weg wanneer die eerste deelnemer om 09:30 vanaf die Shell-vulstasie in Ocean View vertrek.
Meer as 20 inskrywings is reeds bevestig en die jaers sal niks tydens die opwindende jaagtogte oor tien sneltrajekte terughou nie.
Strawwe kompetisie word van Allan Martin en Carl Paskin (navigator) in sy VW Polo op hul tuisfront in die S3-klas verwag, wat vir ’n slag in Martin se agterplaas gaan jaag.
Jaco Redelinghuys van Gobabis en Dries Booysen (navigator) kan ook met 'n Toyota RunX hul stempel afdruk.
Die inskrywings is:
1. Handré Myburgh / Geon Ellis - VW Polo (klas-S1)
2. Jan Everson / Fanie Botes - VW Polo (S2)
3. Marco Luis / De Wet du Plessis - Subaru Imprezza (S4)
4. Allan Martin / Carl Peskin - VW Polo (S3)
5. Richard Slamet / Wiets Coetzee - Toyota RunX (S3)
6. Roland Himmel / Juan Erlank - Toyota Etios (S1)
7. Etienne van den Heever / Willie van Wyk - Toyota RunX (S2)
8. Rian Viljoen / Marc Viljoen - Ford Icon (S1)
9. Jaco Redelinghuys / Dries Booysen - Toyota RunX (S3)
10. Pieter Greef / Steven Robinson - Toyota Corolla (S1)
11. Willem Hugo / Mandi Hugo - Subaru imprezza (S4)
12. Morné Oosthuizen / Jacques Kruger - Zarco (Off Road)
13. Oswaldo Mendes / Kai Pretorius - VW Golf (S2)
14. Freddie van Niekerk / Peter Alehin - Mazda Drifter (S4)
15. Joao Coimbra / navigator - VW Polo (S2)
16. Rolf Pretorius / Katja Pretorius - Toyota-bakkie (Off Road)
17. Peer Rohm / Eugene Marais - Toyota Auris (S1)
18. Jannie Coetzee / George Coetzee - VW Polo (S2)
19. Gert Coetzee / Hugo Arangies - Ford Focus (S2)
20. Zachary Martin / Berto Smit - VW Golf (S1)
21. Tinus Malan / Paul van Niekerk - Toyota MR2 (S2)
22. Rudi Brand / Wayne Schablinski - Batt (Off Road)
23. Rian Kritzinger / Lesley Morkel - Nissan (S4)
Die prysuitdeling sal agterna by die Paintball-sentrum afgehandel word. Vir meer inligting kan die organiseerders by 081 127 3441 gekontak word.

Kommentaar

Republikein 2026-08-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer