10 leerlinge, vier onderwysers toets positief
10 leerlinge, vier onderwysers toets positief

10 leerlinge, vier onderwysers toets positief

Henriette Lamprecht
Tien leerlinge en vier onderwysers en administratiewe personeel het positief vir Covid-19 getoets. Dit sluit sewe van die primêre skool Diaz op Lüderitz, vier onderwysers en administratiewe personeel by die skool en nog 'n leerling van 'n ander skool op die dorp, twee van die primêre skool dr. Frans Aupa Indongo en een van die hoërskool St. Joseph in Windhoek is onder die gevalle.

Vandag is 41 nuwe gevalle bekendgemaak waarvan 22 mans en 19 vroue is. Die ouderdomme wissel van twee tot 76 jaar. Die nuwe gevalle sluit 20 in Windhoek, 12 in Lüderitz, sewe in Oshakati en een elk in Rehoboth en Okahandja in.

Nog 38 mense het herstel wat die totaal op 13 272 te staan bring. Dit sluit 32 in Khomas, vier in Otjozondjupa en een elk in onderskeidelik Omusati en //Kharas in.

Die aktiewe gevalle staan tans op 38 waarvan ses in 'n baie ernstige of kritieke toestand is. Dit sluit twee baie ernstige en drie kritieke gevalle in Khomas en een kritieke geval in Erongo in.

Tot op hede is 149 224 weefselmonsters getoets, 2 991 kontakte word gemonitor en 516 mense is in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2025-05-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer