1 740 aktiewe gevalle, 10 422 het reeds herstel
1 740 aktiewe gevalle, 10 422 het reeds herstel

1 740 aktiewe gevalle, 10 422 het reeds herstel

Henriette Lamprecht
Uit 724 weefselmonsters wat getoets is, het 30 positief vir Covid-19 getoets. Namibië het tans 1 740 aktiewe gevalle. Uit die 30 nuwe gevalle is 20 vroue en tien mans. Die jongste is vier jaar oud en die oudste 65 jaar oud. Die nuwe gevalle sluit 12 in Windhoek, drie elk in onderskeidelik Walvisbaai en Swakopmund, vyf in Oshakati, twee in Engela en een elk in onderskeidelik Outjo, Rehoboth, Tsandi, Rundu en Lüderitz.

Nog drie mense het herstel wat die totaal op 10 422 te staan bring. Die drie sluit twee van Omusati en een van Erongo in.

Uit die 1 740 aktiewe gevalle is vyf baie ernstig of kritiek. Dit sluit drie gevalle in Erongo en twee in Khomas in. Die sterftesyfer bly op 131 en tans word 7 465 kontakte gemonitor. Tot op hede is 116 105 weefselmonsters getoets en 971 mense is in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2026-06-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer