0,4% van bevolking toets positief vir Covid-19
0,4% van bevolking toets positief vir Covid-19

0,4% van bevolking toets positief vir Covid-19

Henriette Lamprecht
Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, het 114 nuwe Covid-19-gevalle aangekondig waarvan 69 vroue en 45 mans is. Die jongste is twee jaar oud en die oudste 77 jaar oud. Uit die 114 nuwe gevalle was 62 in Khomas, tien in Swakopmund, drie in Walvisbaai, een in Omaruru, nege in Oshakati, sewe in Gobabis, vier in Keetmanshoop, Karasburg en Okahandja onderskeidelik, drie elk in onderskeidelik Rehoboth en Engela en een elk in onderskeidelik Onandjokwe, Omuthiya, Rundu en Outapi.

Volgens Muinjangue is die totale getal Covid-19-gevalle wat in die land aangeteken is 10 078, 0,4% van die bevolking. Gevalle is in al 14 die streke aangeteken met Khomas met 4 751 gevalle (47,1%) en Erongo met 3 742 gevalle (37,1%) wat die hoogste getalle aangeteken het. Die minste gevalle is in Kavango-Wes en wel agt (0,1%) aangeteken.

Die verspreiding van gevalle in die streke lyk soos volg: Erongo - 3 741 gevalle, 69 aktiewe gevalle, 3 637 herstel, 35 sterftes; Hardap - 279 gevalle, 103 aktief, 172 herstel, vier sterftes; //Kharas - 3017 gevalle, 134 aktief, 169 herstel, vier sterftes; Kavango-Oos - 100 gevalle, 27 aktief, 70 herstel, drie sterftes; Kavango-Wes - agt gevalle, vier aktiewe gevalle, drie herstel, een sterfte; Khomas - 4 751 gevalle, 1 693 aktiewe gevalle, 3 006 herstel, 52 sterftes; Kunene - 13 gevalle, drie aktiewe gevalle, 10 herstel, geen sterftes; Ohangwena - 116 gevalle, 29 aktief, 85 herstel, twee sterftes; Omaheke - 68 gevalle, 15 aktiewe gevalle, 52 herstel, een sterfte; Omusati - 47 gevalle, 10 aktiewe gevalle, 36 herstel, een sterfte; Oshana - 203 gevalle, 49 aktiewe gevalle, 151 herstel, drie sterftes; Oshikoto - 121 gevalle, 62 aktief, 59 herstel, geen sterftes; Otjozondjupa - 258 gevalle, 83 aktief, 173 herstel, twee sterftes; Zambezi - 66 gevalle, vier aktiewe gevalle, 62 herstel, geen sterftes.

Muinjangue sê nog 183 mense het herstel wat die totaal op 7 685 te staan bring. Die aktiewe gevalle staan nou op 2 285 waarvan 16 in 'n baie ernstige of kritieke toestand is.

Die totale getal gevalle vir die land staan nou op 10 078 waarvan 2 285 aktief is. Huidig word 9 857 kontakte gemonitor, terwyl 84 688 weefselmonsters tot op hede getoets is. Huidig is 973 mense in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2025-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer