Twee kinders is die naweek doodgery, twee beseer
In vier tragiese padvoorvalle is twee kinders die naweek doodgery en twee is beseer.
‘n Peuter van 1 jaar is Vrydagmiddag in Kuisebmond op Walvisbaai doodgery. Volgens die polisie se weeklikse misdaadverslag het die peuter onder ‘n geparkeerde motor ingekruip en toe die 32-jarige bestuurder die voertuig aanskakel en ry, het die baba onder die wiele beland en gesterf.
Dieselfde aand omstreeks halfagt is ‘n 2-jarige meisietjie op Oshakati deur ‘n 35-jarige inwoner van die Ompumbu-woonbuurt raakgery toe sy oor die pad geloop het. Dié inwoner het sonder ‘n rybewys bestuur. Dit is nie bekend hoe ernstig die meisietjie beseer is nie.
Vroeg Saterdagaand is ‘n 13-jarige seun op Swakopmund ernstig beseer toe hy naby sy ouerhuis in Ocean View met ‘n motorfiets teen die grensmuur van ‘n ander huis vasgery het. Hy is na die Cottage-hospitaal geneem waar hy behandel word. Die seun se pa, aan wie die motorfiets behoort, is intussen beboet.
Sondagoggend is die 7-jarige Paulina Penehafo in die Turungeni-woonbuurt op Rundu doodgery deur ‘n man wat eweneens nie oor ‘n rybewys beskik nie en wat ‘n stopteken verontagsaam het. Die man het, toe hy die meisie tref, ook nie stilgehou om hulp te verleen nie. Vier klagte, waaronder strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur, is teen hom ingedien nadat hy gearresteer is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie